Sep 10
Lente dans?
Wat better om te doen terwyl die daisy en gous blomme so staan in die vlaktes van Namakwaland.
Christo en Cobus is die ouens wat gaan kom sing sodat ons die dansbaan aan die brand kan dans. Wie better om hulle langarm dans te wys as die Namakwalanders.
Ons Namakwalanders raak mos groot op ma of pa se voete om te leer dans.
Is jy dalk op vakansie in Springbok, die hartjie van Namakwaland, soek jy iets om te doen, hier is jou kans nou. Kom nou en koop n kaartjie by Hoërskool Namakwaland en dans die aand weg!!


