Sep 14
Lente dans in die hartjie van Namakwaland
Dit het afgeskop met Christo en Cobus wat sommer met die eerste liedjie al die mense op die dansbaan gehad het.
Wat die dans so lekker gamaak het was omdat die kunstenaars van 20h00 tot 24h00 musiek gemaak het. Gewoonlik stop kunstenaars baie vroeg maar nie die manne nie.
Van ons jonger klomp het maar gaan sit as die legendariese walse ingeskop het, maar verder het die dansbaan gebrand van al die geskoffel oor die hout vloer.
Die ondersteuning was goed en die mense het lekker saam gekuier.
Baie dankie aan HSN wat die geleendheid gereel het en ook aan die sangers wat ons op ons voete gehou het!!!!

