Kan jy glo Sneeuwitjie bly in Springbok.

Nie net sy nie maar ook 7 van die bergies van die OCC myn saam met die Koningin wat heeldag haar biseps oefen.

Springbok het vandag weer die uitstekende opvoering gesien van die NG Kerk Boesmanland Sprinbok en die manne van die dorp. Alle rolle was gevul deur die manne van Springbok. Arno van Zyl as die jonge sneeuwitjie met net die jeugdige ouderdom van 11 ! Wat die aksie van val bemeester het, en selfs een keer die bed amper met millimetres mis geval het. Micheal, ‘n bitter goeie akteur wat hier onder ons neuse bly. Hy was natuurlik die koningin met die stem om daarby te pas vir al die sang! Hennie Fourie die verteller kon ook nie n groter en better das gekies het as die pienk strik wat daar om sy nek gevlapper het nie.

Selfs rooikappie, Jannie Coetzee, wat verkeerdelik in die storie opgeeindig het was met n kort rooi rokkie beklee. Op soek na haar ouma en dan die pille van die apteek.

Wat ons van begin tot einde laat lag het was nie net die goeie opvoering nie maar die feit dat ons elkeen van die komidiante persoonlik ken uit die besigheids wêreld van Springbok, onderwysers en ook die oud skooliere. Dit was uit die boeke uit goed, lekker en baie amusant. Die dorp was omtrent almal daar en dis die dinge wat ‘n gemeenskap soos die bymekaar hou.

Dankie vir die ondersteuning en ook vir die humor om ons aand so wakker te hou!!!

My maag is seer gelag.

PS: Sneeuwitjie het op die jeugde ouderdom getrou met die prins en lyk ook 9 maande swanger.!

Muti This