Sep 14
Lente dans in die hartjie van Namakwaland
Dit het afgeskop met Christo en Cobus wat sommer met die eerste liedjie al die mense op die dansbaan gehad het.
Wat die dans so lekker gamaak het was omdat die kunstenaars van 20h00 tot 24h00 musiek gemaak het. Gewoonlik stop kunstenaars baie vroeg maar nie die manne nie.
Van ons jonger klomp het maar gaan sit as die legendariese walse ingeskop het, maar verder het die dansbaan gebrand van al die geskoffel oor die hout vloer.
Die ondersteuning was goed en die mense het lekker saam gekuier.
Baie dankie aan HSN wat die geleendheid gereel het en ook aan die sangers wat ons op ons voete gehou het!!!!

Sep 14
NAMAQUALAND BIED AAN!
Petra Stiglingh
SA Kunsgalery
Datum: 16 September 2008
Tyd: 11h30 – 20h00
Plek: Hanlie Thiart
Jowells straat 22
Doornpoort
Springbok
Tel: 082 829 9256
Almal is baie welkom – Bring jou vriendin saam!
Groot verskeidenheid bekende kunstenaars se werke
20 Maande rentevrye afbetaling

Sep 11
Julle nuwe banner lyk baie goed!

Sep 10
Hallo there everybody
Would you please send us your comments if you would like to see this as our new banner on the web page?

Regards
Konrad Steyn

Sep 10

Nababeep
Lente dans?
Wat better om te doen terwyl die daisy en gous blomme so staan in die vlaktes van Namakwaland.
Christo en Cobus is die ouens wat gaan kom sing sodat ons die dansbaan aan die brand kan dans. Wie better om hulle langarm dans te wys as die Namakwalanders.
Ons Namakwalanders raak mos groot op ma of pa se voete om te leer dans.
Is jy dalk op vakansie in Springbok, die hartjie van Namakwaland, soek jy iets om te doen, hier is jou kans nou. Kom nou en koop n kaartjie by Hoërskool Namakwaland en dans die aand weg!!

Sep 04
Kan jy glo Sneeuwitjie bly in Springbok.
Nie net sy nie maar ook 7 van die bergies van die OCC myn saam met die Koningin wat heeldag haar biseps oefen.
Springbok het vandag weer die uitstekende opvoering gesien van die NG Kerk Boesmanland Sprinbok en die manne van die dorp. Alle rolle was gevul deur die manne van Springbok. Arno van Zyl as die jonge sneeuwitjie met net die jeugdige ouderdom van 11 ! Wat die aksie van val bemeester het, en selfs een keer die bed amper met millimetres mis geval het. Micheal, ‘n bitter goeie akteur wat hier onder ons neuse bly. Hy was natuurlik die koningin met die stem om daarby te pas vir al die sang! Hennie Fourie die verteller kon ook nie n groter en better das gekies het as die pienk strik wat daar om sy nek gevlapper het nie.
Selfs rooikappie, Jannie Coetzee, wat verkeerdelik in die storie opgeeindig het was met n kort rooi rokkie beklee. Op soek na haar ouma en dan die pille van die apteek.
Wat ons van begin tot einde laat lag het was nie net die goeie opvoering nie maar die feit dat ons elkeen van die komidiante persoonlik ken uit die besigheids wêreld van Springbok, onderwysers en ook die oud skooliere. Dit was uit die boeke uit goed, lekker en baie amusant. Die dorp was omtrent almal daar en dis die dinge wat ‘n gemeenskap soos die bymekaar hou.
Dankie vir die ondersteuning en ook vir die humor om ons aand so wakker te hou!!!
My maag is seer gelag.
PS: Sneeuwitjie het op die jeugde ouderdom getrou met die prins en lyk ook 9 maande swanger.!

Sep 03

ELKOWERU
Gian Groen se CD Welkom in Somersburg is benoem vir ‘n Tempo toekenning onder die kategorie Beste Rock Album
STEM SO:
T ROCK 5 EN JOU NAAM EN VAN NA 32113
Slegs R1 per sms
Stemme sluit 15 September 2008
Stem soveel moontlik!!!

Sep 03
Visiting Springbok and feeling hungry. You have choices but if you really do like a challenge you will surely have to eat a massive 1KG steak @ Tauren Steak Ranch. What about a Pizza big enough to feed the family but with the best delicatessen in SA on it, biltong!
Maybe just a bit of wine and a nice vegeterian dish.
Tauren has good food, good service and surely the best vibe you can ask for in a community of extremely friendly people!!
Try them Today!!!!!!

Sep 02
Die mooiste namaqualand daisy het ek onlangs in my tuin afgeneem, in JHB!! 

Sep 01
Elkoweru Guesthouse, where our motto is: Hospitality is our speciality!!!
Visit our Guesthouse page for more detail on what we have to offer.

